Ek het sopas terug getrek Gauteng toe vanaf Vrystaat en dis maar alleen by die huis. So sien ek op n vriendin se status n pragtige woefkind vir aanneming. Almal se altyd red n lewe! Ek het besluit toe om die proses te begin om die swart grys sharpe aan te neem.

Kontak die mense by Rustenburg SPCA en die bal is aan die rol. Ek word vertel ek moet haar eers kom ontmoet, so ek ry toe een saterdag oggend Rustenburg toe en gaan kuier by Ash.
Wow wat n oulike woef en ons het sommer dadelik n “connection”.
 
Amper tyd om haar te gaan haal en ek kry n oproep om te se Ash het siek geraak en moet nog so 3 weke bly haar kursus meds klaar te maak. Naby aan die tyd dat sy kan kom toe kry ek Covid. Ek reel toe met n vriendin om vir Ash te gaan haal. Uiteindelik is sy tuis en ons word lekker bederd. Mense al wat ek se is voor julle te duurste gaan betaal vir n hondekind besoek eers julle naaste SPCA. My ondervinding was amazing en daar is baie diere wat gered moet word. Die sad reality is dat al wil die SPCA al die diere versorg kan hulle nie. Dis hartverskerend.
 
Die staf by Rustenburg is awesome, hartsmense Charnelle, Marisa, hou aan wat julle doen. Ek haal my hoed af vir julle.
 

Ek dare almal om n lewe te red, julle sal nie spyt wees nie!

HOW TO ADOPT

What to find out the costs and procedures involved in adopting a furry friend?

WANT TO SET UP A PLAYDATE?

Email us TODAY!

WANT TO SPONSOR THEIR KENNEL

Help us keep these FurFriends warm and tummies full. By sponsoring a kennel you also help us in getting them a FurEver Home.